Columns | Knormoer RSS feed for this section

Begrafnispraatjies

In die begrafnisstoet van drie karre sit drie vrouens saam die Dominee. Die gesprek gaan oor ‘n ou wat baie siek is en besig is om dood te gaan. “Elvin Melvin Williams en dit moet jy reg sê”, vertel die susters aan die Dominee. “Hy wil by die Here uitkom, maar die kerkmense staan hom so toe, daar is nie plek vir iemand anders nie. Niemand kan by hom uitkom om hom te help nie. Hy wil sy saak regmaak, maar hy kan nie, want dis net familie om hom. Sy tannie en sy oompie en sy pa en sy ma en sy kinders en sy anties. En hulle is daar die hele tyd. Maar daai kerk is ‘n snaakse kerk. Read more…

Goue lokkies en die storkpartie

“Laat ek jou eers vertel van die storkpartie”, Goue Lokkies en ek sit op ‘n dag en tande tel in my kantoor: ”My tannie Baba het my ma laat weet ek moet haar skoondogter se ooivaarstee reël. Waarom weet ek nie, want die uitnodigingsbriewe word vir my gegee om uit te skryf, maar die adresse is nie reg nie. “Nee” sê my tannie, “Jy kan maar net die adres half invul, dan sal ons die res doen”. Goue Lokkies se neus kreukel vies, “Hoe dink jy lyk dit? By dit alles dra my tannie heeltyd vir my geskenkies aan en ek voel so simpel, want saam elke geskenkie kom ‘n opdrag. Dis ‘n geval van “ek doen vir jou iets en dan doen jy weer vir my iets”. Hierdie keer vir briefies halfpad uitskryf!”

Read more…

Om ‘n man te kan vang III: Heilige Hannie en Lewies

Die twee susters Mara en Katrien het na die briefskryf –episode hulle by die ou gebaande weë gehou. Mara het voortgegaan om Woensdae middae naaldwerkklasse aan te bied en Katrien was so aan die gang met skoolhou en kinders van oorsee, dat die twee heeltemal van wewenaars vergeet het. Read more…

Sushi

Nou die dag was my eerste jaareindfunksie in ‘n dekade by “The Cape Town Fismarket se “sushibar” in Port Elizabeth. Al wat ‘n Afrikaner is, weet al hoe proe Sushi, behalwe Hendrina. Terwyl ek vir die ander wag, sit ek en bekyk die spulletjie wat alreeds om die band woel vanuit my linkeroog . Kort jong oosterse outjies doen die voorbereidings met stoïnse gesigsuitdrukkings, terwyl hulle behendig die spierwit rys op bamboesmatjies rol en papierdun velletjies salm en paling (aaarg!) van reuse visse afskil. Om die band sit alles behalwe kosmopolitane. Almal lyk vir my soos middelklaswerkers in hulle jeans en geruite hemde, behalwe die ouma met haar tienjarige kleindogter. Twee van die mans lyk vir my soos boukontrakteurs (kort net die blou oorpakke en beskermingsdoppie) en dis nogal aardig om te sien hoe manne wat ek met rugby en braaivleis sou assosieer, op sjieke wyse die salmrolletjies fyntjies met die stokkies in hulle monde plaas. Nie soos ek later wat die stokkies soos twee oorpluisies aan mekaar knyp en die estetiese happie lomp in my mond prop nie. Nes ‘n springhaas uit ‘n gat by Lady Slipper. Read more…

So dik soos ‘n dubbeldoor

Nataniël skryf op ‘n dag in die Sarie van Kaalkop af dat hy na Kersfees alweer dik is. Dit lyk my hierdie jaar is ek hom een voor. Ek’s nog voor Kersfees aangebreek het dik. Ek gee sommer die skuld aan my familie wat aan cholesterol en ooreet ly. Ek gaan my Januarie 2008 laat inskryf as ere-lid van Weighless, Weight Watchers en enige ander ondersteuningsgroep soos Ooreters Anoniem wat my om die skaal kan ondersteun. Ek wil ook my eie persoonlike fiksheidsinstrukeur hê en vir ‘n paar maande in afsondering gehou word soos die Biggest Looser op TV. Met die ontslaanslag soek ek ‘n kulkunstenaar soos David Copperfield wat die skaal so kan bespook dat ek voor al wat toeskouer met die opklimslag, die skaal 20 kg ligter slaan. Read more…
Page 1 of 3123